Next Journalism + writing contests

The R350,000 NB Publishers Great African Novel Competition

Deadline: November 2011

NB Publishers has announced that the Great African Novel Competition now has the largest prize money totaling R350,000 and is offering a debut prize of R40,000.

The deadline for submissions is November 2011. Shortlist will be announced during the Word Festival 2012, while the winners will be announced in June 2012.

Rules can be downloaded here.

You may post your manuscript to:

Danita van Romburgh
NB-Uitgewers Groot Romanwedstryd (Voorkeurdruknaam)
Posbus 879
Kaapstad
8000

For inquiries, call 021 406 3412 or e-mail romanwedstryd@nb.co.za

Original announcement:

NB-Uitgewers Groot Romanwedstryd

NB-Uitgewers kondig aan dat sy Groot Afrikaanse Romanwedstryd se formaat aangepas en uitgebrei is. Dit is nou die omvangrykste wedstryd in die land met die grootste voordele ooit vir romanskrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel en daar is nou ook ’n debuutprys.

Die kompetisie is nie net enig in sy soort nie, dit bied die wenner R200 000. Die prysgeld lyk nou só:

1ste prys: R200 000
2de prys: R 70 000
3de prys: R 40 000
Debuutprys: R 40 000

Deelnemers se publikasies kan nou verskyn by enige van NB-Uitgewers se drukname: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela Boeke. Voorheen is die romans net by Tafelberg uitgegee.

NB-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip(te) te publiseer en het ook eerste opsie op alle manuskripte wat ingeskryf word.

Veral nuwe Afrikaanse skrywers het aanmoediging en erkenning nodig om met volgehoue dissipline, uitstekende navorsing en deursettingsvermoë ’n trefferroman te skep en af te rond.

Die sluitingsdatum is November 2011. Die kortlys word tydens die US Woordfees van 2012 aangekondig en die wenners in Junie 2012.

Is jy ’n knap skrywer? Broei ’n roman binne jou? Dan is hierdie wedstryd joune. Neem jou pen op. Skuif voor jou rekenaar in. Dis jou kans om jou Afrikaanse roman by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te laat publiseer.

Jou inskrywing moet ons nie later nie as 1 November 2011 bereik.

Die wedstrydreëls kan hier afgelaai word (in PDF-formaat).

Pos jou manuskrip na:

Vir aandag: Danita van Romburgh
NB-Uitgewers Groot Romanwedstryd (Voorkeurdruknaam)
Posbus 879
Kaapstad
8000

Navrae: 021 406 3412 of romanwedstryd@nb.co.za.

Media-navrae kan gerig word aan Eben Pienaar by eben@nb.co.za.

africa literature, fiction, and more:

The R350,000 NB Publishers Great African Novel Competition + writing contests