Next Journalism + writing teaching jobs

Job Opening: Assistant Editor for Sondag (South Africa)

Deadline: 28 February 2011

Sondag - Assistentredakteur

Sondag het 'n vakature by sy hoofkantoor in Johannesburg vir 'n Assistentredakteur.

• Algemene bestuur van die inhoud, produksie, personeel- en bedryfsbegroting van Sondag .
• Dien op die hoofredaksie van Sondag .
• Beheer oor gehalte, geloofwaardigheid en redaksionele integriteit.
• Redaksionele advies, prestasieleiding en opleiding van personeel.
• Minstens agt jaar ervaring in die redaksie van 'n hoofstroomkoerant.
• Bewese joernalistieke ervaring oor 'n wye spektrum van nuuskategorieĆ«.
• Uitgebreide ervaring van inhoudbestuur, nuusinsameling en produksie.
• Uitstekende skryf- en redigeringsvermoĆ« in Afrikaans.
• 'n Skerp nuusaanvoeling, spesifiek vir 'n weeklikse poniekoerant.
• 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie.
• Selfgedrewenheid en selfstandigheid.
• ‘n Rybewys.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die redakteur van Sondag rapporteer.

Die vergoedingspakket sluit 'n mededingende salaris, 13de tjek as bonus en lidmaatskap van die aftree- en siekefonds in aan persone wat daarvoor kwalifiseer.

Rig aansoeke aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne by e-pos: rcpaansoeke@media24.com.

Dui asseblief duidelik aan vir watter pos u aansoek doen:

VERWYSING: ASSISTENTREDAKTEUR

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid, sal voorkeur verleen word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.

SLUITINGSDATUM: 28 Februarie 2011.

(Let asseblief daarop dat indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum nog nie van ons gehoor het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)

editorial, south africa literature, and more:

Job Opening: Assistant Editor for Sondag (South Africa) + writing teaching jobs